Periandros van Korinthe – D.J. Opperman
Op aanvraag gaan ons hierdie jaar ook die Afrikaanse Voorgeskrewe
werk vir die Graad 12’s, Periandros van Korinthe -
DJ
Opperman, met ons gewilde Teater-in-Onderig metode insluit.
Forum Teater
met behulp van die baie efektiewe
BOAL metode verseker dat
leerders in ‘n werksgroep bemagtig word om hierdie ongewoone
en somtyds moeilik
verstaanbare versrym waarin Opperman hierdie
epiese
dramastuk geskryf het, te verstaan.
Na ‘n
15 minute kennismaking en opwarimingsesie, verseker die vyf
akteurs dat leerders op hulle gemak is om na ‘n
45
minute verwerking van die dramastuk te kyk. ‘n 30 minute vrae
en antwoortsessie sorg vir goeie wisselwerking en
die aksie en
reaksie verseker dat leerders ‘n beter begrip het van hierdie
versdrama.