Die Keiser op die planke
Cape
Heart Teater Groep gaan Bartho Smit se verwerking van die klassieke stuk Die Keiser
(gegrond op Hans Christian Andersen se sprokie Die Keiser se Klere) opvoer. Vertonings
word beplan vir die Wes Kaap in April 2008 asook 4 vertonings by die KKNK in Oudshoorn.
Geskryf
in 1977 en in 1979 is die stuk bekroon met die Perskor prys vir letterunde. Die
storie bly tydloos met 'n
revolusionêre ondertoon wat net so sterk
tot volwassenes as kinders spreek. Die werk is dan ook die voorkeur keuse van
die Graad 12 Eerste Taal vakkeuse in die voorgeskrewe literere werk in die Wes-Kaap.
As
dramaturg kon Bartho Smit daarin slaag deur 'n oënskynlike mal keiser in
sy onderklere voor 'n juigende volk en huilende hofnar in die straat te laat afloop
met skreeusnaakse gevolge terwyl sy vertrouelinge eerder die Keiser verneder en
so meer guns werf vir hulself.
Die
regie word waargeneem deur Gaerin Hauptfleisch en die geselskap van nege akteurs
sluit in onder meer Deon Lotz as die Keiser was onlangs te sien was in die bekroonde
stuk Festen. Esthervon Waltsleben as die Keiserin. Chris Fourie, André
Samuels en Irvine van der Merwe vertolk rolle as kabinet ministers. Jan-Hendrik
Opperman en Stephanie Hough speel die wewers en Riaan Visman is die Hofnar. Geon
Nel vertolk verskeie rolle.
Speeltyd
beloop 105 min met pouse ingesluit. Toegangsvooie vir groepbesprekings van 10
en meer kan verkry word teen R25 per leerder of R40 per persoon. Borge Nasionale
Loterye en ABSA KKNK.
Vir verdere inligting skakel Gert du Preez op 021
951 6115 of 082 787 1707 of e-pos: info@capeheart.org.za

Vlnr: voor Deon Lotz as die Keiser en Riaan Visman
Agter:
Irvine v/d Merwe, Chris Fourie, Ester von Waltsleben, Geon Nel, Andre Samuels,
Stephanie Hough en Jan Hendrik Opperman
TONEEL:
Keiser is toe n komedie Krit: 28 March 2008
BARTHO Smit se verwerking van Hans Christian Anders en se sprokie Die keiser-Bartho
Smit bied snydende en vermaaklike kommentaar oor n keiser wat deur sy eie
amptenare uitoorlê word.
Die
storie van die heilige keiser van Ecuador is al met slapenstyd aan baie kinders
voorgelees. Dié verhaal van n leier wat in sy naaktheid omgepraat
kan word omte glo hy dra klere van suiwer goud, spot met parallelle wat met hedendaagse
Suid-Afrika getrek kan word.
Dié
fyn spot was nie verlore op die gehoor nie. n Byna vol M-Net-gimsaal het
geskater van die lag soos die heilige keiser n huilende keiser
word.
Isabel
Schreuder (71) van Welgelegen het gesê die lekker lag was te danke aan goeie
spel.
Dit
het geklink soos n drama en toe is dit eintlik n komedie!
Hester
Bosch (54) van Brakpan sê: Die fyn spot was baie goed. Al is jy nie
lief vir teater nie, bied dit uitstekende vermaak.
Die
verskyning van die sepiester Christo Davids (Errol van 7de Laan) het ook gesorg
vir groot opgewondenheid.
Die
Keiser is n voorgeskrewe boek vir gr. 12-leerders. Amy Theron (18) van Hermanus
sê: Nou kan ek dit ook visualiseer.
Die
keiser-Bartho Smit om 20:00 en Saterdag 29 Maart om 15:00 te sien.
Skrywer:
ROZANNE ELS
Fotograaf:
BRENDA VELDTMAN